Everest

Everest
Everest gesien vanaf Kala Patthar in Nepal Everest gesien vanaf Kala Patthar in Nepal
Ligging Solukhumbu Distrik, Sagarmatha Sone, Nepal. Tingri-streek, Xigazê-prefektuur, Tibet, China
Hoogte 8 848,86[1] meter bo seevlak
Prominensie 8 848,86
Reeks Himalaja
Koördinate 27°59′17″N 86°55′31″O / 27.98806°N 86.92528°O / 27.98806; 86.92528Koördinate: 27°59′17″N 86°55′31″O / 27.98806°N 86.92528°O / 27.98806; 86.92528
Eerste bestyging 29 Mei 1953
Eerste bestyger(s) Vlag van Nieu-Seeland Edmund Hillary
Vlag van Nepal Tenzing Norgay
Maklikste roete Rotsklim/sneeu, Suidelike roete
Ligging van Everest op 'n kaart (Nepal)
Everest
Everest

Everest (Nepalees: सगरमाथा Sagarmāthā; Chinees: 珠穆朗玛峰 Zhūmùlǎngmǎ Fēng; Tibettaans: ཇོ་མོ་གླང་མ Chomolungma) is 'n berg in die Himalajagebergte wat op die grens tussen Nepal en Tibet geleë is. Met sy hoogte van 8 848,86 meter is dit die hoogste berg op land. Everest is egter nie die hoogste berg op aarde nie; Mauna Kea (Hawaii) is vanaf die seebodem gemeet die hoogste. Die berg is genoem na die Britse geoloog sir George Everest. Everest se amptelike hoogte is in 2020 deur sowel Chinese as Nepalese gesaghebbendes op 8 848,86 meter (sneeuhoogte) bepaal.[2] Die Chinees-Nepalese grens verloop op die bergpiek.

  1. (en) "Mount Everest, China/Nepal" Peakbagger.com. Besoek op 8 Desember 2020.
  2. (en) "Mount Everest is two feet taller, China and Nepal announce". National Geographic. Besoek op 8 Desember 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search